12 maar nou sal Ek jou skynheiligheid aan die kaak stel,alles wat jy gedoen het,en jou gode sal jou nie kan help nie.
13 As jy om hulp roep,moet jou spul gode jou kom red,maar 'n wind waai hulle almal weg,'n yl luggie vat hulle weg.Maar wie by My skuil, sal die land besiten my heilige berg as eiendom ontvang.
14 Die Here het gesê:Vul die pad op, vul dit op, maak dit gereed!Verwyder die struikelblokke uit die pad van my volk.
15 So sê Hy wat hoog en verhewe is,Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is:Ek woon in 'n hoë en heilige pleken Ek is by hom wat verdruk en nederig is.Ek gee nuwe krag aan die nederiges,Ek gee nuwe krag aan die verdruktes.
16 Ek reken nie vir altyd sondes toe nie,Ek bly nie vir altyd toornig nie,want anders sou dit die einde beteken van die mens,die mens aan wie Ek die asem gegee het.
17 Ek het toornig geword oor my volk se sonde en hebsug,Ek het hom geslaan en hom verlaatomdat Ek toornig was.Hy was opstandig en het sy eie koers ingeslaan.
18 Ek het gesien wat met hom gebeur,en Ek sal hom genees.Dié van hom wat treur,sal Ek lei en terugbring;Ek sal vir hulle uitkoms gee.