16 Ek reken nie vir altyd sondes toe nie,Ek bly nie vir altyd toornig nie,want anders sou dit die einde beteken van die mens,die mens aan wie Ek die asem gegee het.
17 Ek het toornig geword oor my volk se sonde en hebsug,Ek het hom geslaan en hom verlaatomdat Ek toornig was.Hy was opstandig en het sy eie koers ingeslaan.
18 Ek het gesien wat met hom gebeur,en Ek sal hom genees.Dié van hom wat treur,sal Ek lei en terugbring;Ek sal vir hulle uitkoms gee.
19 Ek stel hulle in staat om My weer te loof.Vrede vir dié wat ver is, vrede vir dié wat naby is,sê die Here.Ek sal hulle genees.
20 Maar die goddeloses is soos die onstuimige seewat nie tot rus kan kom nieen waarvan die golwe aanhou om slyk en modder uit te stoot.
21 Vir die goddeloses is daar geen vrede nie,sê my God.