5 Ek het rondgekyk, maar daar was niemand om te help nie,Ek was ontsteld toe niemand My bystaan nie.Ek het self opgetree,my woede het My bygestaan.
6 Ek het volke getrap in my toorn,Ek het hulle laat steier deur my woede,Ek het hulle bloed oor die grond laat vloei.
7 Ek sal die troue liefde van die Here verkondig,die roemryke dade van die Here,alles wat Hy vir ons gedoen het,sy groot goedheid vir Israel,alles wat Hy gedoen het in sy genade,in sy groot liefde.
8 Hy het gesê: Hulle is my volk,kinders wat nie ontrou sal word nie.Daarom het Hy hulle gered
9 uit al hulle nood.Hy was vir hulle nie 'n vyand nie,Hy self was die engel wat hulle gered het.Hy het hulle verlos deur sy liefde en ontferming;Hy het hulle opgetel en hulle altyd gedra.
10 Maar hulle het in opstand gekomen het sy Heilige Gees bedroef,daarom het die Here vir hulle 'n vyand geworden het Hy self teen hulle geveg.
11 Toe het sy volk gedink aan die ou dae,aan die tyd van Moses, en gevra:Waar is Hy wat sy kudde dwarsdeur die see gebring hetsaam met hulle herder?Waar is Hy wat sy Heilige Gees onder hulle gegee het?