4 Daarom besluit Ek dat hulle gestraf moet worden bring Ek verskrikking oor hulle.Toe Ek geroep het, het niemand geantwoord nie,toe Ek gepraat het, het niemand geluister nie;hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë,hulle het gekies vir wat My nie aanstaan nie.
5 Hoor die woord van die Here,julle wat ontsag het vir sy woord:Julle broers deur wie julle gehaat word,deur wie julle verstoot word ter wille van my Naam, sê:“Laat die Here sy mag bewys,dat ons kan sien waarom julle so bly is!”Maar hulle sal ontnugter word:
6 hoor die rumoer daar in die stad,hoor daar in die tempel,hoor hoe die Here sy vyande strafoor hulle dade.
7 Bring 'n vrou 'n kind in die wêreldvoordat sy geboortepyne het?Kry sy 'n kind voordat die pyne haar oorval?
8 Wie het al so iets gehoor?Wie het dit al gesien?Word 'n land op een dag gebore,of word 'n nasie in een oomblik in die wêreld gebring?Maar Sion het skaars geboortepyne gekryof sy het haar kinders in die wêreld gebring.
9 Sou Ek die moederskoot laat oopgaanen nie 'n geboorte laat plaasvind nie?vra die Here.Of sou Ek wat geboortes laat plaasvind,die moederskoot toesluit?vra jou God.
10 Wees bly saam met Jerusalemen juig saam met haar,almal wat haar liefhet.Wees vrolik saam met haar,almal wat oor haar getreur het.