9 Doen maar kwaad, volke, julle sal inmekaar stort!Luister, al julle ver plekke van die aarde!Maak maar klaar vir die geveg, julle sal inmekaar stort!Maak maar klaar vir die geveg, julle sal inmekaar stort!
10 Smee maar planne, dit sal verydel word! Pleeg maar oorleg,daar sal niks van kom nie! God is by ons!
11 In sy groot mag het die Here my gewaarsku om nie die voorbeeld van hierdie volk te volg nie. Hy het gesê:
12 Julle moenie alles 'n sameswering noem wat hierdie volk 'n sameswering noem nie. Julle moenie bang wees en skrik vir die dinge waarvoor hulle bang is nie.
13 Julle moet die Here die Almagtige eer as die Heilige. Vir Hom moet julle vrees en vir Hóm moet julle bang wees.
14 Hý sal vir julle 'n veilige beskutting wees, maar vir die twee koninkryke Juda en Israel sal Hy 'n klip wees waarteen 'n mens jou stamp, 'n rots waaroor jy struikel. Vir die inwoners van Jerusalem sal Hy 'n vangnet en 'n strik wees.
15 Baie van hulle sal struikel en val, verstrik en gevang word; hulle sal verpletter word.