1 Later het Dawid die Filistyne heeltemal oorwin. Hy het die stad Gat vir hom gevat en ook die dorpe daar naby wat aan die Filistyne behoort het.
2 Dawid het ook die Moabiete oorwin. Die Moabiete moes vir Dawid werk en hulle moes belasting betaal vir hom.
3 Dawid het na die Eufraat-rivier gegaan om sy gedenksteen weer regop te sit. Hy het vir Hadad-Eser seun van Regob oorwin. Hadad-Eser was die koning van die land Soba naby die stad Hamat.
4 Dawid het 1 000 oorlogkarre, 7 000 manne op perde en 20 000 voetsoldate van Hadad-Eser gevat. Dawid het al die perde se hakskene laat sny, die perde wat die oorlogkarre getrek het. Hy het net genoeg perde laat oorbly om 100 oorlogkarre te trek.