19 Moses het Josef se lyk met hom saamgeneem, want voordat Josef gesterf het, het hy gesê die Israeliete moet belowe om dit te doen, en God moet die getuie wees. Josef het vir hulle gesê: “God sal julle vrymaak, dit is seker. Wanneer Hy dit doen, dan moet julle my lyk saamneem uit hierdie land.”
20 Die Israeliete het weggegaan van Sukkot en hulle het hulle tente opgeslaan in Etam langs die woestyn.
21 Die Here het elke dag saam met hulle gegaan. In die dag was Hy in ’n wolk wat hulle gelei het en wat vir hulle die regte pad gewys het. In die nag was die Here in ’n vuur om vir hulle lig te gee. Daarom kon hulle in die dag en in die nag loop.
22 In die dag was die wolk by die Israeliete, en in die nag was die vuur by hulle. Die Here en die wolk het altyd by die Israeliete gebly.