25 Moses het gesê: “Julle moet dit vandag eet, want vandag is die Sabbatdag vir die Here. Julle sal nie vandag kos in die veld kry nie.
26 Julle moet ses dae lank elke dag manna optel, maar die sewende dag is die Sabbatdag. Dan sal daar nie manna wees nie.”
27 Op die sewende dag het party van die mense gegaan om manna op te tel, maar hulle het niks gekry nie.
28 Die Here het vir Moses gesê: “Hoe lank sal julle nog ongehoorsaam wees en nie doen wat Ek sê nie?
29 Onthou, Ek het vir julle die Sabbatdag gegee. Daarom gee Ek vir julle op die sesde dag genoeg kos vir twee dae. Elkeen moet op die sewende dag bly waar hy is. Niemand mag dan weggaan van sy woonplek nie.”
30 Die Israeliete het toe op die sewende dag niks gedoen nie.
31 Die Israeliete het die kos “manna” genoem. Die manna was wit en dit het gelyk soos koljander-saad. Dit het gesmaak soos heuningkoek.