7 Moses het sy skoonpa gaan ontmoet. Hy het voor hom gebuig en hom gesoen. Hulle het vir mekaar gevra hoe dit gaan en hulle het in Moses se tent ingegaan.
8 Moses het vir sy skoonpa alles vertel wat die Here met die farao en die Egiptenaars gedoen het omdat die Here die Israeliete wou help. Hy het ook vertel van al die probleme wat die Israeliete gehad het voordat hulle by die berg van God gekom het, en hoe die Here hulle gered het.
9 Jetro was bly oor al die goeie dinge wat die Here vir die Israeliete gedoen het toe Hy hulle gered het van die Egiptenaars.
10 Jetro het gesê: “Ek prys die Here wat julle gered het van die Egiptenaars en van die farao.
11 Nou weet ek dat die Here groter is as al die gode. Hy het die Israeliete gered toe die Egiptenaars baie slegte dinge aan hulle gedoen het.”
12 Jetro, Moses se skoonpa, het ’n brand-offer en ander offers vir God gebring. Aäron en al die leiers van die Israeliete het gekom om die offer-ete saam met Moses se skoonpa te eet.
13 Moses het die volgende dag begin om te luister na die mense wat probleme het met mekaar, en om te oordeel wie is reg. Die mense het van die oggend tot die aand na Moses toe gekom.