13 Die volgende dag het Moses weer na sy mense toe gegaan. Hy het gesien dat twee Hebreeuse mans baklei. Hy vra toe vir die man wat begin baklei het: “Hoekom slaan jy die man? Hy is ook ’n Hebreër.”
14 Die man sê toe: “Wie het gesê jy mag oor ons regeer? Wie het gesê jy kan vir ons sê wat ons moet doen? Wil jy my ook doodmaak soos jy die Egiptenaar doodgemaak het?”Moses het bang geword. Hy het besef dat hulle weet wat hy gedoen het.
15 Toe die farao hoor wat Moses gedoen het, wou hy vir Moses laat doodmaak, maar Moses het gevlug en hy het in Midian gaan woon.Toe hy eendag daar by ’n put sit,
16 kom daar sewe meisies aan. Hulle was die dogters van die priester van Midian. Hulle het water uit die put kom skep om die waterbakke vol te maak sodat hulle pa se skape en bokke kon drink.
17 Maar daar het skaapwagters gekom en hulle het die meisies weggejaag. Moses het toe opgestaan en hy het die meisies gehelp. Hy het vir hulle skape en bokke water gegee.
18 Toe die meisies by hulle pa Reüel kom, vra hy vir hulle: “Hoekom het julle vandag so gou teruggekom?”
19 Hulle het vir hom gesê: “’n Egiptenaar het ons gehelp toe die skaapwagters ons wou wegjaag. Hy het ook water geskep en hy het ons skape en bokke laat drink.”