18 Al die mense het die donderweer en die ramshoring gehoor. Hulle het ook die weerlig gesien en die berg wat vol rook is. Toe die mense dit sien, het hulle gebewe en hulle het ver weg bly staan.
19 Hulle het vir Moses gesê: “As jý met ons praat, dan sal ons luister, maar God moenie met ons praat nie, want dan sal ons sterf.”
20 Moses het vir die mense gesê: “Julle moenie bang wees nie, want God het gekom om julle te toets. God wil hê julle moet Hom eer en julle moenie sonde doen nie.”
21 Die mense het toe ver weg bly staan, maar Moses het nader gegaan na die donker wolk waar God was.
22 Die Here het vir Moses gesê hy moet vir die Israeliete sê:“Julle het self gehoor dat Ek met julle uit die hemel gepraat het.
23 “Julle mag nie vir julle gode van silwer of goud maak nie.”
24 “Julle moet vir My ’n altaar van grond maak, en daarop moet julle die brand-offers en julle ete-offers bring, julle skape en bokke en julle beeste. Ek sal na julle toe kom en Ek sal julle seën op elke plek waar Ek wil hê dat julle My moet aanbid.