6 Maar as iemand lief is vir My en as hy gehoorsaam is aan My, dan sal Ek goed wees vir hom en vir sy kinders, 1 000 geslagte lank.
7 “Jy mag die Naam van jou God die Here nie gebruik vir iets wat verkeerd is nie, want die Here sal elkeen straf wat sy Naam gebruik vir iets wat verkeerd is.
8 “Jy moet onthou die sewende dag is ’n gewyde dag.
9 Jy moet ses dae lank werk en alles doen wat jy moet doen.
10 Maar die sewende dag is die Sabbatdag van jou God die Here. Dan mag jy niks werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter, of jou slaaf of slavin, of jou diere of die vreemdelinge wat by jou woon nie.
11 Die Here het ses dae lank die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, maar op die sewende dag het Hy nie gewerk nie. Daarom het die Here die Sabbatdag geseën en Hy het dit ’n gewyde dag gemaak.
12 “Jy moet jou ouers respekteer, dan sal jy lank woon in die land wat jou God die Here vir jou gee.