1 “Hier is die wette wat jy vir die Israeliete moet gee:
2 “Wanneer jy ’n Hebreeuse slaaf koop, dan moet hy ses jaar lank vir jou werk, maar in die sewende jaar moet jy hom vry laat weggaan. Hy moenie betaal om vry te word nie.
3 As hy alleen na jou toe gekom het, dan moet hy alleen weggaan. As hy ’n getroude man was, dan moet sy vrou saam met hom weggaan.
4 As jy vir hom ’n vrou gegee het en hulle het seuns of dogters, dan behoort die vrou en haar kinders aan jou. Die man moet dan alleen weggaan.
5 Miskien sal die slaaf reguit sê: ‘Ek is lief vir my eienaar en vir my vrou en my kinders, ek wil nie alleen weggaan nie.’
6 Dan moet jy hom na die plek neem waar julle vir God aanbid. Jy moet hom na die deur bring, en jy moet ’n gaatjie deur sy oor steek met ’n skerp yster. Dan sal hy vir altyd jou slaaf wees.
7 “Maar as ’n man sy dogter verkoop en sy word ’n slavin, dan mag sy nie vry weggaan soos ander slawe nie.