9 As hy wil hê sy seun moet met haar trou, dan moet hy met haar doen soos met sy eie dogter.
10 As hy later ’n ander vrou vir homself neem, dan moet hy nog altyd kos en klere gee vir die vrou wat ’n slavin was en hy moet by haar slaap.
11 As hy hierdie drie dinge nie vir haar doen nie, dan mag sy weggaan en sy moenie vir hom betaal nie.”
12 “As iemand ’n ander man slaan en die man sterf, dan moet julle hom ook doodmaak.
13 As hy per ongeluk die man doodgeslaan het en hy het nie planne gemaak om dit te doen nie, dan mag hy vlug na ’n plek wat Ek vir jou sal wys.
14 Maar wanneer iemand planne maak om ’n ander mens dood te maak, dan moet jy hom wegvat en ook doodmaak, ook as hy aan die altaar vashou.
15 “As iemand sy pa of sy ma slaan, dan moet julle hom doodmaak.