2 “Jy moet met die Israeliete praat en sê hulle moet elkeen vir My ’n present bring. Elkeen moet self besluit wat hy vir My wil gee, en julle moet sy present aanvaar.
3 Hier is ’n lys van presente wat die mense mag gee en wat julle mag aanvaar: goud, silwer, brons,
4 blou, pers of rooi wol-materiaal of linne-materiaal of bokhaar-materiaal.
5 Hulle mag ook skaapvelle bring wat hulle rooi gekleur het, velle wat hulle sag gemaak het, doringhout,
6 olyf-olie vir die lampe, balsem vir die salf-olie en vir wierook,
7 oniks en ander edelstene om op die priester se skouer-kleed en borssak vas te sit.
8 “Julle moet dan vir My ’n tempel bou sodat Ek tussen julle kan woon.