34 Daar moet vier blomme aan die stam wees. Hulle moet ook lyk soos die blomknoppe en blomme van amandelbome.
35 Waar twee arms van die lampstaander bymekaarkom, moet daar ’n blomknop wees.
36 Die blomknoppe en die arms moet alles een stuk goud wees, skoon goud wat julle met ’n hamer geslaan en gevorm het.
37 Julle moet sewe lampe maak en julle moet die lampe op die staander sit sodat die lig voor die lampstaander skyn.
38 Julle moet die lampe van skoon goud maak, en ook die dekseltjies wat die lampe doodmaak.
39 Julle moet ’n talent skoon goud neem om dit alles te maak.
40 Julle moet dit maak presies soos Ek vir jou op die berg gewys het.”