5 Hulle mag ook skaapvelle bring wat hulle rooi gekleur het, velle wat hulle sag gemaak het, doringhout,
6 olyf-olie vir die lampe, balsem vir die salf-olie en vir wierook,
7 oniks en ander edelstene om op die priester se skouer-kleed en borssak vas te sit.
8 “Julle moet dan vir My ’n tempel bou sodat Ek tussen julle kan woon.
9 Ek het vir jou gewys hoe julle die tempel-tent moet maak, en ook alles wat daarin moet wees. Julle moet dit presies maak soos Ek vir jou gewys het.”
10 Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet ’n kis van doringhout maak. Dit moet twee en ’n halwe el lank, een en ’n halwe el breed en een en ’n halwe el hoog wees.
11 Julle moet dit oortrek met skoon goud, binne en buite, en julle moet dan ’n rand van goud rondom die kis se kante sit.