7 oniks en ander edelstene om op die priester se skouer-kleed en borssak vas te sit.
8 “Julle moet dan vir My ’n tempel bou sodat Ek tussen julle kan woon.
9 Ek het vir jou gewys hoe julle die tempel-tent moet maak, en ook alles wat daarin moet wees. Julle moet dit presies maak soos Ek vir jou gewys het.”
10 Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet ’n kis van doringhout maak. Dit moet twee en ’n halwe el lank, een en ’n halwe el breed en een en ’n halwe el hoog wees.
11 Julle moet dit oortrek met skoon goud, binne en buite, en julle moet dan ’n rand van goud rondom die kis se kante sit.
12 Julle moet vier goue ringe maak en julle moet dit vassit aan die onderste vier hoeke van die kis. Daar moet twee ringe aan die een kant wees en twee ringe aan die ander kant.
13 Julle moet doringhout neem en julle moet dra-pale maak om die kis te dra. Julle moet die dra-pale ook oortrek met goud.