1 Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet ’n altaar maak van doringhout, vyf el lank en vyf el breed en drie el hoog. Die altaar moet vier hoeke hê,
2 en daar moet horings wees op die vier hoeke. Die altaar en die horings moet vas aan mekaar wees. Julle moet dit met brons oortrek.
3 Julle moet potte maak vir die as, en ook grawe, bakke, vurke en emmers vir die kole. Julle moet dit alles van brons maak.
4 Julle moet tralies van brons rondom die altaar maak, en julle moet vier brons ringe daaraan vassit, ’n ring aan elke hoek.
5 Die tralies moet so hoog wees soos die helfte van die altaar.