13-15 By die voorkant, die oostekant, moet die gordyne aan elke kant van die ingang 15 el breed wees, en daar moet drie pale en drie voetstukke wees.
16 By die ingang moet daar ’n gordyn wees, 20 el lank. Julle moet die gordyn maak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hierdie gordyn moet hang aan vier pale op vier voetstukke.
17 Julle moet al die pale en hulle hake van silwer maak, en die voetstukke van brons.
18 Die oop stuk grond moet 100 el lank en 50 el breed wees, en die gordyne moet vyf el hoog wees. Julle moet die gordyne maak van goeie linne-materiaal en die voetstukke van brons.
19 Julle moet al die gereedskap vir die werk in die tempel-tent en al die tentpenne van brons maak.”
20 “Sê vir die Israeliete hulle moet vir jou skoon olyf-olie bring. Julle moet die olyf-olie in die lampe gooi, sodat daar altyd ’n lig is wat brand in die tempel-tent.
21 Die kis waarin die tien gebooie moet kom, moet agter die gordyn wees, en die lampe moet voor die gordyn brand, in die tent waar Ek aan julle sal verskyn. Aäron en sy seuns moet die lampe altyd voor die Here laat brand, van die aand tot die volgende oggend. Die priesters moet die lampe altyd laat brand vir julle en julle nageslag.”