2 en daar moet horings wees op die vier hoeke. Die altaar en die horings moet vas aan mekaar wees. Julle moet dit met brons oortrek.
3 Julle moet potte maak vir die as, en ook grawe, bakke, vurke en emmers vir die kole. Julle moet dit alles van brons maak.
4 Julle moet tralies van brons rondom die altaar maak, en julle moet vier brons ringe daaraan vassit, ’n ring aan elke hoek.
5 Die tralies moet so hoog wees soos die helfte van die altaar.
6 Julle moet dra-pale maak van doringhout en julle moet die pale oortrek met brons.
7 Dan moet julle die dra-pale deur die ringe steek sodat die pale langs twee kante van die altaar is. Dan kan julle die altaar dra.
8 Julle moet die altaar van planke maak, dit moet soos ’n kas wees. Julle moet dit maak soos Ek vir jou op die berg gewys het.”