4 Julle moet tralies van brons rondom die altaar maak, en julle moet vier brons ringe daaraan vassit, ’n ring aan elke hoek.
5 Die tralies moet so hoog wees soos die helfte van die altaar.
6 Julle moet dra-pale maak van doringhout en julle moet die pale oortrek met brons.
7 Dan moet julle die dra-pale deur die ringe steek sodat die pale langs twee kante van die altaar is. Dan kan julle die altaar dra.
8 Julle moet die altaar van planke maak, dit moet soos ’n kas wees. Julle moet dit maak soos Ek vir jou op die berg gewys het.”
9-11 Die Here het vir Moses gesê: “Daar moet ’n oop stuk grond rondom die tempel-tent wees. Julle moet dit toemaak met gordyne van goeie linne-materiaal. Die oop stuk grond moet 100 el lank en 50 el breed wees. Aan elke lang kant moet die gordyne hang aan 20 pale met 20 voetstukke van brons. Daar moet hake en ringe van silwer wees.
12 By die westekant moet die gordyne 50 el breed wees, en daar moet tien pale en tien voetstukke wees.