1 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir jou broer Aäron en sy seuns Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar hulle moet na jou toe kom. Ek het hulle gekies om priesters vir My te wees.
2 Julle moet vir jou broer Aäron gewyde klere maak. Hierdie klere moet wys dat hy ’n priester is en dit moet mooi wees.
3 Julle moet ook praat met al die kleremakers. Ek het hulle vaardig gemaak sodat hulle goed kan werk. Hulle moet vir Aäron klere maak om hom te wy sodat hy ’n priester kan wees vir My.
4 Dit is die klere wat hulle vir hom moet maak: ’n borssak, ’n skouer-kleed, ’n oorkleed, ’n rok met ’n soom, ’n tulband en ’n skouer-serp. Hulle moet hierdie gewyde klere maak vir jou broer Aäron en vir sy seuns sodat hulle priesters kan wees vir My.”