15 Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet ’n borssak vir Aäron maak. Hy moet dit dra wanneer hy sê wat Ek wil hê julle moet doen. Julle moet dit maak soos die skouer-kleed. Julle moet die borssak maak van goud, van blou, rooi en bloedrooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal.
16 Die borssak moet vierkantig wees, ’n halwe el lank en ’n halwe el breed. Julle moet dit dubbel vou
17 en julle moet vier rye edelstene daarop vassit: ’n karneool, ’n topaas en ’n smarag in die eerste ry;
18 in die tweede ry ’n turkoois, ’n saffier en ’n jaspis;
19 in die derde ry ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis;
20 en in die vierde ry ’n chrisoliet, ’n oniks en ’n opaal. Julle moet al die edelstene vassit in goud.
21 Daar moet twaalf edelstene wees, een edelsteen vir elke seun van Jakob. Dit is ook die name van die twaalf stamme van Israel. Julle moet op elke edelsteen een van die name skryf, soos julle ’n naam op ’n ring skryf.