23 Maak ook twee goue ringe en sit dit vas aan die boonste twee hoeke van die borssak.
24 Maak dan die twee goue kettinkies aan die ringe vas.
25 Die ander twee punte van die kettinkies moet julle vaswerk aan die goud in die skouerbande, aan die voorkant van die skouer-kleed.
26 Julle moet ook twee goue ringe maak en julle moet dit vaswerk aan die onderste twee hoeke van die borssak, aan die binnekant van die skouer-kleed.
27 Julle moet nog twee goue ringe maak en julle moet dit vassit voor aan die twee skouerbande van die skouer-kleed, net bokant die belt.
28 Dan moet julle ’n blou woldraad neem en julle moet die ringe van die borssak vasbind aan die ringe van die skouer-kleed. Dan sal die borssak vas wees aan die skouer-kleed.
29 Aäron moet die name van die stamme van die Israeliete in die borssak teen sy hart dra wanneer hy in die tempel ingaan. So sal Aäron die Here altyd aan sy volk laat dink.