19 sodat Aäron en sy seuns hulle hande en voete kan was.
20 Wanneer hulle kom na die tent waar Ek aan julle verskyn, dan moet hulle eers met hierdie water was. Dan sal hulle nie sterf nie. Hulle moet ook was wanneer hulle na die altaar gaan om te werk of om ’n vuur-offer vir My te brand.
21 Hulle moet hulle hande en voete was. Dan sal hulle nie sterf nie. Hulle moet dit altyd doen, hulle en hulle nageslag.”
22 Die Here het vir Moses gesê:
23 “Neem van die beste speserye: 500 tempel-sikkels mirre, 250 tempel-sikkels kaneel, 250 tempel-sikkels kalmoes,
24 500 tempel-sikkels kassie en ’n hin olyf-olie.
25 Meng dit en maak gewyde salf-olie daarvan. Jy moet dit maak soos ’n ambagsman salf maak. Ek hou daarvan.