21 Hulle moet hulle hande en voete was. Dan sal hulle nie sterf nie. Hulle moet dit altyd doen, hulle en hulle nageslag.”
22 Die Here het vir Moses gesê:
23 “Neem van die beste speserye: 500 tempel-sikkels mirre, 250 tempel-sikkels kaneel, 250 tempel-sikkels kalmoes,
24 500 tempel-sikkels kassie en ’n hin olyf-olie.
25 Meng dit en maak gewyde salf-olie daarvan. Jy moet dit maak soos ’n ambagsman salf maak. Ek hou daarvan.
26 Julle moet die tent salf waar Ek aan julle verskyn, en julle moet die kis salf waarin die tien gebooie moet kom.
27 Julle moet ook die tafel salf en alles wat by die tafel moet wees, die lampstaander en alles wat by die lampstaander moet wees. Julle moet die wierook-altaar ook salf.