9 Op hierdie altaar mag julle net wierook brand wat reg is vir My. Julle mag nie brand-offers of koring-offers op hierdie altaar brand nie, en julle mag ook nie ’n drank-offer daarop uitgooi nie.
10 Aäron moet een maal elke jaar ’n spesiale offer vir My bring om te vra dat Ek julle nageslag se sondes moet vergewe. Hy moet dan ’n bietjie bloed neem van die dier wat hy offer vir die sonde van die volk. Hy moet dit smeer aan die horings van die altaar. Die altaar is hoog-gewy aan My.”
11 Die Here het vir Moses gesê:
12 “Wanneer julle die Israeliete tel, dan moet elkeen ’n offer vir die Here gee. Dan sal Ek hulle nie siek maak en hulle laat sterf wanneer julle hulle tel nie.
13 Elkeen vir wie julle tel, moet ’n halwe tempel-sikkel silwer gee. Dit is ’n present vir My.
14 Julle moet almal tel wat 20 jaar oud en ouer is, en hulle elkeen moet vir My ’n present gee.
15 Die ryk mense moenie meer as ’n halwe tempel-sikkel silwer gee nie, en die arm mense moenie minder gee nie. Dan sal Ek hulle sonde vergewe.