1 Die Here het vir Moses gesê:
2 “Ek het vir Besaleël gekies om die werk te doen. Hy is die seun van Uri, en Uri is die seun van Gur. Besaleël is van die Juda-stam.
3 Ek het vir Besaleël wysheid en ’n goeie verstand gegee sodat hy baie soorte werk goed kan doen.
4 Hy kan planne teken en dinge maak van goud en silwer en brons.
5 Hy kan juwele maak van edelstene en hy kan houtwerk doen. Hy kan baie soorte werk doen.
6 Ek het vir Oholiab gekies om hom te help. Hy is die seun van Agisamak van die Dan-stam. Ek het ook al die ander ambagsmanne vaardig gemaak, sodat hulle alles kan doen wat Ek vir julle sê.