5 Hy kan juwele maak van edelstene en hy kan houtwerk doen. Hy kan baie soorte werk doen.
6 Ek het vir Oholiab gekies om hom te help. Hy is die seun van Agisamak van die Dan-stam. Ek het ook al die ander ambagsmanne vaardig gemaak, sodat hulle alles kan doen wat Ek vir julle sê.
7 Hulle moet die tent maak waar Ek aan julle sal verskyn, die kis waarin die tien gebooie moet kom en die deksel wat daarop moet kom, en alles wat by die tent moet wees.
8 Hulle moet ook die tafel maak en alles wat by die tafel moet wees, die lampstaander van skoon goud en alles wat daarby moet wees, die wierook-altaar,
9 die brandoffer-altaar en alles wat daarby moet wees, die was-skottel en sy voetstuk,
10 die gewyde klere vir die priester Aäron, en die priester-klere wat sy seuns moet aantrek.
11 Hulle moet ook die salf-olie en die wierook vir die tempel maak. Ek hou daarvan. Hulle moet dit alles maak soos Ek vir jou gesê het.”