16 Dit was God se werk, God het self die plat klippe gemaak en Hy het self die woorde daarop geskryf.
17 Josua het gehoor hoe die Israeliete skree en raas en hy het vir Moses gesê: “Daar is oorlog in die kamp!”
18 Maar Moses het gesê:“Hulle skree nie soos mensewat gewen hetin die oorlog nie.Hulle huil ook nie soos mensewat verloor het nie.Ek hoor hulle sing.”
19 Toe Moses naby die kamp kom, het hy die beeld van die bul-kalf gesien en die Israeliete wat dans. Hy het toe baie kwaad geword en hy het die twee plat klippe stukkend gegooi. Die klippe het onder teen die berg geval en gebreek.
20 Moses het die bul-kalf geneem wat die Israeliete gemaak het en hy het dit verbrand. Toe het hy dit fyngemaal soos poeier en hy het dit in die water gegooi. Hy het gesê die Israeliete moet die water drink.
21 Moses het vir Aäron gesê: “Hierdie mense het niks verkeerd aan jou gedoen nie. Hoekom het jy hulle verlei om so ’n groot sonde te doen?”
22 Aäron antwoord toe: “Meneer, moenie kwaad wees vir my nie. Jy weet self hierdie volk wil altyd verkeerde dinge doen.