26 Toe het Moses by die ingang van die kamp gaan staan en gesê: “Almal wat vir die Here iets wil doen, kom hier na my toe!”Al die Leviete het toe by Moses kom staan.
27 Hy het vir hulle gesê die Here, die God van die Israeliete, sê: “Elkeen moet sy swaard neem en deur die hele kamp gaan. Maak dood die mense, ook jou broer, jou vriend of jou buurman.”
28 Die Leviete het gedoen wat Moses gesê het. Hulle het daardie dag omtrent 3 000 mans doodgemaak.
29 Moses het vir die Leviete gesê: “Julle het julleself vandag aan die Here gewy om vir Hom te werk. Julle het julle eie seuns en broers doodgemaak. Daarom seën die Here julle vandag en maak Hy julle sy priesters.”
30 Die volgende oggend het Moses vir die volk gesê: “Julle het sonde gedoen, ’n baie groot sonde. Maar ek sal nou na die Here toe gaan en met Hom gaan praat. Miskien sal Hy julle sonde vergewe.”
31 Moses het toe teruggegaan na die Here toe en gesê: “Ag, Here, die volk het sonde gedoen, ’n baie groot sonde. Hulle het vir hulle ’n god van goud gemaak.
32 Maar nou, vergewe asseblief hulle sonde. As U dit nie wil doen nie, dan moet U my naam uitvee uit die boek wat U geskryf het.”