3 Toe haal al die mense die goue ringe van hulle ore af en hulle bring dit vir Aäron.
4 Hy het dit geneem en gesmelt. Hy het ’n beeld van ’n bul-kalf daarvan gemaak. Toe sê die Israeliete: “Hierdie is ons god, hy het ons uit Egipte gebring.”
5 Toe Aäron dit sien, het hy ’n altaar voor die beeld gebou en gesê: “Môre vier ons ’n fees vir die Here.”
6 Hulle het vroeg die volgende oggend opgestaan en hulle het brand-offers en ete-offers na die altaar gebring. Die Israeliete het gaan sit om te eet en hulle het wyn gedrink. Daarna het hulle opgestaan en wild feesgevier.
7 Die Here het vir Moses gesê: “Gaan af van die berg en gaan na jou volk toe wat jy uit Egipte gebring het. Hulle het groot sonde gedoen.
8 Hulle het gou vergeet wat Ek vir hulle gesê het. Hulle het vir hulle ’n beeld van ’n bul-kalf gemaak en hulle het voor die beeld gebuig. Hulle het vir hom offers gebring en gesê: ‘Israeliete, hier is julle god, hy het julle uit Egipte gebring.’ ”
9 Die Here het vir Moses gesê: “Ek het na hierdie volk gekyk, en Ek het gesien hulle is baie hardkoppig.