13 Daarom vra ek nou, as U regtig tevrede is met my, sê vir my wat U wil doen, sodat ek U ook kan ken, en kan weet U is tevrede met my. Onthou, hierdie volk is u eie volk.”
14 Die Here het gevra: “Moet Ek self saamgaan en jou na die land bring?”
15 Moses het vir Hom gesê: “As U nie self met ons saamgaan nie, dan moet U ons nie laat weggaan van hier nie.
16 Hoe sal ons weet dat U tevrede is met ons, met my en met u volk, as U nie met ons saamgaan nie? Ek en u volk sal weet ons is anders as al die volke op die aarde as U self saam met ons gaan.”
17 Die Here het vir Moses gesê: “Ook dít wat jy nou gevra het, sal Ek doen, want Ek is tevrede met jou en Ek ken jou.”
18 Toe sê Moses: “Ek wil U asseblief sien wanneer U, die Koning, verskyn.”
19 Maar die Here het gesê: “Dit sal blink as Ek voor jou verbygaan en Ek sal my Naam ‘die Here’ hard sê sodat jy dit hoor. Ek besluit self vir wie Ek genadig en goed wil wees.