4 Toe die Israeliete hoor wat die Here sê, was hulle hartseer en hulle het nie meer hulle juwele gedra nie.
5 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete: ‘Julle is ’n hardkoppige volk. As Ek saam met julle gaan, dan sal Ek julle dadelik doodmaak. Haal af al julle juwele. Ek sal besluit wat Ek met julle sal doen.’ ”
6 Die Israeliete het van toe af nie meer hulle juwele gedra nie. Dit was toe hulle weggegaan het van Sinai-berg.
7 Moses het ’n tent geneem en hy het dit opgeslaan buite die kamp, ver van die kamp. Hy het dit genoem “die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn,” want dit is waar die Here altyd aan hulle verskyn het. Wanneer iemand wou weet wat die Here sê, dan het hy gegaan na die tent waar die Here aan hulle verskyn het, die tent wat buite die kamp was.
8 Wanneer Moses na die tent gegaan het, dan het al die mense opgestaan. Elkeen het by die ingang van sy tent gaan staan en na Moses gekyk totdat hy in die tent ingegaan het.
9 Wanneer Moses by die tent gekom het, dan het ’n wolk afgekom en by die ingang van die tent gebly. Dan het die Here met Moses gepraat.
10 En wanneer al die mense die wolk by die ingang van die tent gesien het, dan het hulle almal opgestaan en elkeen het by die ingang van sy tent gebuig.