19 Hulle het nog ’n seil vir die tent gemaak van skaapvelle wat hulle rooi gekleur het. Hulle het ook ’n seil gemaak van velle wat hulle sag gemaak het. Hulle het dit bo-oor die rooi seil gesit.
20 Hulle het rame van doringhout vir die tempel-tent gemaak om die tempel-tent regop te hou.
21 Elke raam was tien el lank en een en ’n halwe el breed.
22 Elke raam het twee houtpenne en twee gate gehad. Hulle het die houtpenne in die gate gesit sodat hulle die pale styf aan mekaar kon vasmaak. Hulle het al die rame van die tempel-tent so vasgemaak.
23-26 Hulle het 20 rame vir die suidekant en 20 vir die noordekant van die tempel-tent gemaak. Hulle het ook 40 silwer voetstukke gemaak vir elke kant. Hulle het die voetstukke onder die rame gesit, twee voetstukke onder elke raam waar die twee houtpenne is.
27 Vir die agterkant van die tempel-tent, die westekant, het hulle ses rame gemaak
28 en hulle het twee rame gemaak vir die hoeke van die tempel-tent, vir die twee agterste hoeke van die tempel-tent.