28 en hulle het twee rame gemaak vir die hoeke van die tempel-tent, vir die twee agterste hoeke van die tempel-tent.
29 Hulle het die hoekrame sterker gemaak van onder tot bo by die boonste ring.
30 Aan die westekant was ag rame, en daar was 16 silwer voetstukke, twee voetstukke onder elke raam.
31-32 Hulle het dwarspale gemaak van doringhout, vyf dwarspale vir die rame aan elke kant van die tempel-tent en ook vyf dwarspale vir die rame aan die agterkant van die tempel-tent, die westekant.
33 Die middelste dwarspaal was lank. Hulle het dit vasgemaak in die middel van die rame, van die een kant tot by die ander kant.
34 Hulle het die rame oorgetrek met goud. Hulle het ook goue ringe gemaak en hulle het die dwarspale deur die ringe gesteek. Hulle het die dwarspale oorgetrek met goud.
35 Hulle het ’n gordyn gemaak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hulle het gerubs daarop geborduur.