30 Aan die westekant was ag rame, en daar was 16 silwer voetstukke, twee voetstukke onder elke raam.
31-32 Hulle het dwarspale gemaak van doringhout, vyf dwarspale vir die rame aan elke kant van die tempel-tent en ook vyf dwarspale vir die rame aan die agterkant van die tempel-tent, die westekant.
33 Die middelste dwarspaal was lank. Hulle het dit vasgemaak in die middel van die rame, van die een kant tot by die ander kant.
34 Hulle het die rame oorgetrek met goud. Hulle het ook goue ringe gemaak en hulle het die dwarspale deur die ringe gesteek. Hulle het die dwarspale oorgetrek met goud.
35 Hulle het ’n gordyn gemaak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hulle het gerubs daarop geborduur.
36 Hulle het vier pale van doringhout gemaak en hulle het dit oorgetrek met goud. Hulle het goue hake daaraan vasgesit en vier silwer voetstukke daarvoor gemaak.
37 Hulle het ’n gordyn gemaak vir die ingang van die tent. Hulle het dit gemaak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hulle het daarop geborduur.