34 Hulle het die rame oorgetrek met goud. Hulle het ook goue ringe gemaak en hulle het die dwarspale deur die ringe gesteek. Hulle het die dwarspale oorgetrek met goud.
35 Hulle het ’n gordyn gemaak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hulle het gerubs daarop geborduur.
36 Hulle het vier pale van doringhout gemaak en hulle het dit oorgetrek met goud. Hulle het goue hake daaraan vasgesit en vier silwer voetstukke daarvoor gemaak.
37 Hulle het ’n gordyn gemaak vir die ingang van die tent. Hulle het dit gemaak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hulle het daarop geborduur.
38 Hulle het die gordyn opgehang aan vyf pale met hake. Hulle het die bo-punte van die pale oorgetrek met goud, en ook die dwarspale. Hulle het die vyf voetstukke van brons gemaak.