4 Die ambagsmanne wat die werk by die tempel gedoen het, het almal gekom, elkeen het gekom van die plek waar hy gewerk het.
5 Hulle het vir Moses gesê: “Die mense bring meer as wat nodig is vir die werk wat die Here gesê het ons moet doen.”
6 Moses het gesê hulle moet vir almal in die kamp sê niemand moet nog presente vir die tempel gee nie. Die mense het toe nie weer presente gebring nie.
7 Die presente wat hulle klaar gebring het, was genoeg vir al die werk, en daar het ook nog oorgebly.
8 Al die goeie ambagsmanne het die tempel-tent begin maak. Hulle het tien stukke materiaal geneem. Dit was goeie linne-materiaal en blou, pers en rooi wol-materiaal. Hulle het gerubs op die materiaal geborduur.
9 Elke stuk materiaal was 28 el lank en vier el breed.
10 Hulle het eers vyf stukke materiaal aan mekaar vasgewerk, en toe die ander vyf stukke.