7 Die presente wat hulle klaar gebring het, was genoeg vir al die werk, en daar het ook nog oorgebly.
8 Al die goeie ambagsmanne het die tempel-tent begin maak. Hulle het tien stukke materiaal geneem. Dit was goeie linne-materiaal en blou, pers en rooi wol-materiaal. Hulle het gerubs op die materiaal geborduur.
9 Elke stuk materiaal was 28 el lank en vier el breed.
10 Hulle het eers vyf stukke materiaal aan mekaar vasgewerk, en toe die ander vyf stukke.
11 Hulle het blou lissies gemaak van wol-materiaal en hulle het dit vasgewerk aan die een kant van die materiaal. Hulle het dieselfde gedoen met die ander stuk materiaal.
12 Hulle het 50 lissies vasgewerk aan die een stuk materiaal en 50 lissies aan die ander stuk materiaal. Die lissies was ewe ver van mekaar.
13 Hulle het ook 50 goue hakies vasgewerk aan elke stuk materiaal sodat die hakies in die lissies kon haak, en sodat die stukke materiaal van die tempel-tent vas aan mekaar kon wees.