2 Hy het die kis binne en buite oorgetrek met skoon goud. Hy het ’n rand van goud rondom die kis se kante vasgesit.
3 Hy het vier goue ringe gemaak en hy het een ring op elke onderste hoek van die kis vasgesit. Daar was twee ringe aan elke kant.
4 Besaleël het dra-pale van doringhout gemaak en hy het dit oorgetrek met goud.
5 Hy het die dra-pale deur die ringe gesteek wat aan die kante van die kis was. Hulle het die kis met die dra-pale gedra.
6 Besaleël het die deksel van skoon goud gemaak. Die deksel was twee en ’n halwe el lank en een en ’n halwe el breed.
7 Hy het twee gerubs van goud gemaak, en hy het hulle op die twee kante van die deksel vasgesit.
8 Die een gerub was op die een kant van die deksel en die ander gerub was op die ander kant. Die gerubs en die deksel was een stuk goud.