1 Besaleël het ’n brandoffer-altaar van doringhout gemaak. Dit was vierkantig, vyf el lank en vyf el breed, en dit was drie el hoog.
2 Hy het horings gemaak op die vier hoeke. Die altaar en die horings was vas aan mekaar. Besaleël het die altaar en die horings oorgetrek met brons.
3 Hy het alles gemaak wat by die altaar moes wees: die potte, die grawe, die bakke, die vurke en die emmers vir die kole. Hy het dit alles van brons gemaak.
4 Rondom die altaar het hy tralies van brons gemaak. Die tralies was so hoog soos die helfte van die altaar.