22 Besaleël was die seun van Uri, en Uri was die seun van Gur. Besaleël was van die Juda-stam. Besaleël het alles gemaak wat die Here vir Moses gesê het.
23 Saam met hom het Oholiab gewerk. Oholiab was die seun van Agisamak van die Dan-stam. Hy was ’n ambagsman en hy kon planne teken en het blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal geweef.
24 Hulle het 29 talente en 730 tempel-sikkels goud gebruik om die tempel te maak.
25 Hulle het die silwer gekry toe hulle die Israeliete getel het. Dit was 100 talente en 1 775 tempel-sikkels silwer.
26 Elke man wat 20 jaar of ouer as 20 jaar was, moes ’n halwe tempel-sikkel silwer gee. Daar was 603 550 mans.
27 Die ambagsmanne het 100 talente silwer gebruik om die tempel-tent se voetstukke en die gordyn se voetstukke te maak. Hulle het 100 voetstukke gemaak. Hulle het een talent silwer vir elke voetstuk gebruik.
28 Daar het 1 775 tempel-sikkels silwer oorgebly. Hulle het dit gebruik om die hake vir die pale te maak. Hulle het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer en hulle het dit aan mekaar vasgemaak.