28 Daar het 1 775 tempel-sikkels silwer oorgebly. Hulle het dit gebruik om die hake vir die pale te maak. Hulle het die bo-punte van die pale oorgetrek met silwer en hulle het dit aan mekaar vasgemaak.
29 Hulle het 70 talente en 2 400 tempel-sikkels brons gekry van die brons wat die mense gebring het.
30 Hulle het dit gebruik om die voetstukke te maak vir die pale by die ingang van die tent waar die tien gebooie was, en ook om die brons altaar en die brons tralies te maak wat om die altaar was, en alles wat by die altaar moes wees,
31 ook die voetstukke van die pale rondom die oop stuk grond, die voetstukke by die ingang van die oop stuk grond, en al die penne vir die tempel-tent en vir die gordyne rondom die oop stuk grond.