3 Hy het alles gemaak wat by die altaar moes wees: die potte, die grawe, die bakke, die vurke en die emmers vir die kole. Hy het dit alles van brons gemaak.
4 Rondom die altaar het hy tralies van brons gemaak. Die tralies was so hoog soos die helfte van die altaar.
5 Hy het vier ringe gemaak en hy het dit vasgesit aan die vier hoeke van die tralies, ’n ring aan elke hoek. Hy het die dra-pale deur die ringe gesteek.
6 Hy het die dra-pale van doringhout gemaak en hy het die dra-pale oorgetrek met brons.
7 Hy het die dra-pale deur die ringe aan die kante van die altaar gesteek om die altaar te dra. Hy het die altaar van planke gemaak, dit was soos ’n kas.
8 Besaleël het ’n was-skottel en ’n voetstuk van brons gemaak. Hy het dit gemaak van brons spieëls. Hy het die spieëls gekry by die vroue wat gewerk het by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
9-11 Besaleël het gordyne gemaak vir die oop stuk grond rondom die tempel-tent. Hy het gordyne van goeie linne-materiaal gemaak vir die suidekant en die noordekant. Die gordyne van elke kant was 100 el breed. Hy het die gordyne aan elke kant gehang aan 20 pale met 20 brons voetstukke. Hy het hake en silwer ringe gebruik om die gordyne op te hang.