8 Besaleël het ’n was-skottel en ’n voetstuk van brons gemaak. Hy het dit gemaak van brons spieëls. Hy het die spieëls gekry by die vroue wat gewerk het by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
9-11 Besaleël het gordyne gemaak vir die oop stuk grond rondom die tempel-tent. Hy het gordyne van goeie linne-materiaal gemaak vir die suidekant en die noordekant. Die gordyne van elke kant was 100 el breed. Hy het die gordyne aan elke kant gehang aan 20 pale met 20 brons voetstukke. Hy het hake en silwer ringe gebruik om die gordyne op te hang.
12 By die westekant was die gordyne 50 el breed, en daar was tien pale met tien voetstukke. Hy het hake en silwer ringe gebruik om die gordyne op te hang.
13 Die voorkant, die oostekant, was 50 el breed.
14 Langs die een kant van die ingang was die gordyne 15 el breed, en daar was drie pale met drie voetstukke.
15 Langs die ander kant van die ingang was die gordyn ook 15 el breed, en daar was drie pale met drie voetstukke.
16 Hy het al die gordyne rondom die oop stuk grond van goeie linne-materiaal gemaak.