1 Besaleël en die kleremakers het die gewyde klere vir Aäron gemaak soos die Here vir Moses gesê het. Hulle het die klere van blou, pers en rooi wol-materiaal gemaak. Aäron het dit gedra wanneer hy in die tempel gewerk het.
2 Die kleremakers het die skouer-kleed gemaak van goud, van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal.
3 Hulle het goud plat geslaan en hulle het dun drade daarvan gesny. Hulle het met hierdie goue drade geborduur op die blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal.
4 Hulle het die voorste en agterste stukke van die skouer-kleed aan mekaar vasgemaak met twee skouerbande.
5 Hulle het die belt gemaak wat by die skouer-kleed gepas het, hulle het dit van dieselfde materiaal gemaak. Hulle het dit gemaak van goud, van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal, soos die Here vir Moses gesê het.