12 In die derde ry was daar ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis.
13 In die vierde ry was daar ’n chrisoliet, ’n oniks en ’n opaal. Hulle het die edelstene vasgesit in goud.
14 Daar was twaalf edelstene, een edelsteen vir elke seun van Jakob. Dit was ook die name van die twaalf stamme van Israel. Hulle het op elke edelsteen een van die name geskryf, soos ’n mens ’n naam op ’n ring skryf.
15 Die kleremakers het kettinkies van skoon goud vir die borssak gemaak, en hulle het die kettinkies gedraai soos ’n tou.
16 Hulle het twee kassies van goud gemaak en twee goue ringe. Hulle het die ringe vasgesit aan die twee boonste hoeke van die borssak.
17 Hulle het die twee goue kettinkies aan hierdie twee ringe vasgesit.
18 Hulle het die ander twee punte van die kettinkies vasgesit aan die twee kassies, en hulle het dit vasgewerk aan die skouerbande, aan die voorkant van die skouer-kleed.