15 Die kleremakers het kettinkies van skoon goud vir die borssak gemaak, en hulle het die kettinkies gedraai soos ’n tou.
16 Hulle het twee kassies van goud gemaak en twee goue ringe. Hulle het die ringe vasgesit aan die twee boonste hoeke van die borssak.
17 Hulle het die twee goue kettinkies aan hierdie twee ringe vasgesit.
18 Hulle het die ander twee punte van die kettinkies vasgesit aan die twee kassies, en hulle het dit vasgewerk aan die skouerbande, aan die voorkant van die skouer-kleed.
19 Hulle het ook twee goue ringe gemaak en hulle het dit vasgewerk aan die onderste twee hoeke van die borssak, aan die binnekant van die skouer-kleed.
20 Die kleremakers het ook twee ander goue ringe gemaak en hulle het dit vasgesit voor aan die twee skouerbande van die skouer-kleed, net bokant die belt.
21 Hulle het toe ’n blou woldraad geneem en hulle het die ringe van die borssak vasgebind aan die ringe van die skouer-kleed. Dit was bokant die belt van die skouer-kleed, sodat die borssak vas was aan die skouer-kleed. Hulle het alles gedoen soos die Here vir Moses gesê het.